"Theresa van den Berg is n Opvoedkundige Sielkundige in Privaatpraktyk. Sy stel baie belang in kinderontwikkeling en ook die eise wat skoolgereedheid meebring wanneer kinders tot formele onderrig toetree. Sy wil graag kinders met lewensvaardighede toerus om onafhanklik en self te kan studeer wanneer hulle tot die intermediêre fase van onderrig toetree. Sy glo dat dit ouers se taak is om kinders te begelei tot verantwoordelike volwassenes wat eendag self onafhanklik kan dink en besluite kan neem. Juis daarom bied sy klasse in studiemetodes aan en het sy haar toegewy aan hierdie aanlynkursus om so meer kinders te kan bereik. Die toekoms van 'n land lê in die onderrig en opvoeding van kinders. Dit is daarom belangrik dat elke kind sover as moontlik die beste geleenthede kry om eendag 'n effektiewe en verantwoordelike bydrae tot die ekonomie van 'n land te mag lewer."

Die beginsels in hierdie kursus is nagevors en saamgestel uit teorie soos deur verskeie wetenskaplike navorsers bevind. Verwys na bronne.

Besoek Theresa se webtuiste by http://theresas.co.za/




"Madelein Cloete van Apple Blossom Productions het die projekbestuur en ontwikkeling van Leer Slim en Study Wise hanteer. Apple Blossom Productions was ook verantwoordelik vir die totale videoproduksie en verwerking. Madelein sê: "My betrokkenheid by hierdie projek is gebore uit my passie vir kinders. My opgewondenheid lê in die dinamika en krag waarmee die "visuele" dit wat oënskynlik moeilik voel en lyk, vir kinders makliker kan maak. Dit was 'n voorreg om deel te wees van die span wat hierdie produk saamgestel en verwesenlik het"

Besoek Madelein se webtuiste by http://www.appleblossom.co.za/



"Nicolene is die illustreerder wat die Apie, handsaksketse en witbordanimasie laat lewe het. Sy doen onder andere korporatiewe illustrasies, prosesvisualisasies, advertensies, asook handboek- en kinderboekillustrasies"

Besoek haar webtuistes by www.fine-line.co.za en www.nicolenelouw.co.za



"Die webontwerp is behartig deur Belinda en Celeste van The Junction. The Junction spesialiseer in webtuistes, korporatiewe ID, bemarking, drukwerk, enige ontwerp van beginproses tot finale produk en soveel meer...."

Besoek hulle webtuiste by www.thejunction.co.za
 
 

ilike2study.com - Copyright © 2018
Terms of use | Privacy Policy